Top aanlynse Mix'n Eat tuiste vir produkte, bestellings en agentpryse. rina@rinasehoekie.co.za WhatsApp
Agent Terme

Rina se Hoekie Agent Terme en Voorwaardes

Hierdie bepalings beskryf hoe agenttoegang, agentpryse en goedkeuring werk.

1. Aansoek en goedkeuring

Enige persoon wat agenttoegang verlang, moet die agent-aansoekvorm voltooi. Geen agent het outomaties toegang tot die Agent Winkel nie. Rina se Hoekie moet elke aansoek eers in die admin-paneel goedkeur.

2. Agentpryse

Goedgekeurde agente kan ander pryse sien as gewone publieke kliente. Hierdie pryse is privaat en mag nie sonder toestemming gepubliseer, aangestuur of gedeel word nie.

3. Geen kommissie

Die agentstelsel werk nie op kommissie nie. Agente ontvang nie kommissie-uitbetalings nie. Die voordeel vir agente is dat hulle teen agentpryse kan aankoop soos deur Rina se Hoekie bepaal.

4. Bestellings en betaling

Alle bestellings is onderhewig aan beskikbaarheid, finale bevestiging, betaling en afleweringsreelings. Rina se Hoekie mag n bestelling weier of kanselleer indien nodig.

5. Opskorting of kansellasie

Rina se Hoekie kan agenttoegang enige tyd opskort, hersien of kanselleer indien die terme nie nagekom word nie, indien pryse misbruik word, of indien die agent nie meer aktief of geskik is nie.

6. Privaatheid

Agentbesonderhede word gebruik om die aansoek te verwerk, agenttoegang te bestuur, bestellings te hanteer en kommunikasie met die agent moontlik te maak.

WhatsApp